info@eventsonstage.co.za | 082 074 1269 | www.eventsonstage.co.za



Datum: Dinsdag, 22 Mei 2018
Tyd: 10:00 en 14:00
Plek: Venue D'Aria, Durbanville
Kaartjies: R75pp
Sluit in: koffie/tee/sap en verversings
info@eventsonstage.co.za
082 074 1269

Een van Suid Afrika se grootste legendes, Min Shaw vier haar 57ste jaar in die vermaaklikheids bedryf. 

Sedert haar eerste opname in 1966 en haar eerste film rol in 1967 het Min Shaw Suid Afrika se liefling geraak. 

Met 3 SARIE toekennings, platinum plaat toekennings, ATKV toekennings en Huisgenoot Skouspel toekennings bly sy vandag nog een van die gewildste Afrikaanse legendes. 
Sy het in haar loopbaan in 4 rolprente en 'n TV reeks gespeel. Sy het ook 'n kinder program op TV aangebied.
Shaw is hierdie jaar vir die President se Ikhamanga Toekenning benoem vir haar lewenslange bydrae tot Afrikaans Musiek en 'n roos is ook hierdie jaar na haar vernoem.

Min Shaw se boek "Sprokie van 'n Liefling" wat haar lewensverhaal vertel word in Desember 2018 vrygestel.
Die boek van 350 bladsye sluit oor die 300 kleur fotos van Shaw se loopbaan in.

Op 83 jarige ouderdom is sy nogsteeds bedrywig en het sy dit goedgedink om haar  lojale Kaapse aanhangers te verras met 2 optredes by D'Aria in Durbanville:

Maandag 21 Mei 2018 om 10h00
Maandag 21 Mei 2018 om 14h00

Die bederf oggend en middag vir seniors beloof om iets spesiaals te wees, want Min beloof om haar grootste treffers, asook Gospel en Country liedjies in die program in te sluit. Shaun Mynhardt sal as gas kunstenaar optree.