info@eventsonstage.co.za | 082 074 1269 | www.eventsonstage.co.za


TREE OP TEN BATE VAN DIE
EON MÜLLER FONDS & CLARESE LOURENS
Clarese Lourens verteenwoordig SA by WKGF Karate Kampioenskappe in Roemenië in September.

Datum: Saterdag, 12 Augustus 2017
Tyd: 19:00
Plek: Vredelust Ouditorium
Kaartjies: R100 per volwassene /
R50 kinders/skoliere
info@eventsonstage.co.za
082 074 1269

Kaleidoskoop is ‘n Afrikaanse musiekgroep wat hul musiek uit ’n positiewe, dog realistiese oogpunt komponeer....’n broodnodige boodskap van hoop. Met kleurryke harmonieë en warm akoestiese instrumente neem Kaleidoskoop ’n hele spektrum van musiekvorme aan. Soos die suggestie in hulle naam weerspieël, laat Kaleidoskoop jou deur hul Afrikaanse musiek anders na die kleure van liefde, menswees en die lewe kyk...kom kyk saam met hulle deur die Kaleidoskoop!"

Kaleidoskoop het 'n Tempo-toekenning ontvang vir Beste Kontemporêre Album vir hul vorige album, Vars Uitgekerf. Hulle was saam met Nianell, Coenie de Villiers, Karen Zoid, Romanz en Jak de Priester genomineer in hierdie kategorie.

Hulle is ook benoem vir beste nuweling en beste kontemporêre album by die Ghoema's. Hul is in laasgenoemde kategorie genomineer saam met Heuwels Fantasties, Juanita du Plessis & Theuns Jordaan, Adam en Vuurwerke.